GEOGRAFIE

Berge

Lees hier of laai die PDF dokument af om uit te druk.

Laai PDF af

Wanneer die aarde se tektoniese plate teen mekaar druk of skuur, kan die kors buig en vou en groot bergreekse so vorm. Vulkane by plaatgrense kan ook uitbars en hoë berge bou.

Vier soorte berge

Plooiberge
  • Twee tektoniese plate bots
  • Plaatrante frommel onder druk

Miljoene jare gelede het twee tektoniese plate, die Falkland plaat en die Afrikaplaat gebots en die Plooiberge van die Wes - Kaap is gevorm.

Plooiberge foto
Deur Winfried Bruenken (Amrum) - Eie werk, CC BY 3.0
Vulkane
  • Vulkane ontstaan wanneer magma van diep binne aarde by oppervlak van kors uitbars en hoë keël vorm
  • Van hoogste berge ter wêreld is vulkane

Die Drakensberge sowat 150 miljoen jaar gelede ontstaan deur vulkaniese uitbarstings en is 'n oorblyfsel van 'n groter plato.

Vulkaan berge foto
Deur Diriye Amey from Locarno, Switzerland - South Africa - Drakensberg, CC BY 2.0,
Breuk blokberg
  • Rotslae onder druk weens plaatbeweging
  • Veroorsaak kraak of breuk in rotslae
  • Berge ontstaan wanneer rotsblad of -blok na bogedruk word

Rwenzoriberge op die grens tussen Uganda en die Demokratiese Republiek die Kongo

Breuk Blokberg foto
Deur Albert Backer - Eie werk, CC BY-SA 3.0
Koepelberge/ Erosie berge
  • Intrusuwie stollingsgeseteentes onder oppervlak van aarde druk kors
  • Boggel vorm
  • Word Koepelberge genoem

Devils Tower ‘n voorbeeld van ‘n ge-erodeerde berg in die heuwels van Wyoming, VSA.

Koepelberge foto
CC BY 2.5