GEOGRAFIE

Die Kors

Lees hier of laai die PDF dokument af om uit te druk.

Laai PDF af

Die Kors

Die kors is sowat 6- 70 km diep. Dit is die buitenste laag van die aarde, waarop ons loop en bestaan hoofsaaklik uit klip (gesteentes). Dit beslaan die berge en die oseane.

Die kors is soos die skil van ‘n appel. Dit is baie dun in vergelyking met die ander lae. Die kontinentale kors is gemiddeld 32km en die oseaniesekors is gemiddeld 8km diep. Diep binne die kors kan die temperatuur tot 870°C raak. Klip gesteentes begin smelt teen 870°C.

Die kors is in stukke gebreek (amper soos ‘n legkaart). Hierdie plate word tektoniese plate genoem. Hierdie plate kan soms teen mekaar bots, van mekaar weg beweeg of langs mekaar verby gly. Wanneer hulle bots bou drukking op en sal die klip buig tot die breek Wanneer dit gebeur veroorsaak dit ‘n aardbewing.

Die sewe kontinente en die oseane dryf basies op die mantel wat uit swaarder digter materiaal bestaan. Die Kors bestaan uit 2 soorte klip (gesteentes), basalt en graniet.

Basalt, wat meestal die boumateriaal van die oseaankors is is swaarder en digter as graniet, wat die kontinentale plate opmaak. Juis om hierdie rede sit die kontinentale plate oor die oseanieseplate.

Die kors en die buitenste laag van die mantel maak die litosfeer en reg onder hierdie laag is die astenosfeer, die kors plate dryf hierop.

Deursnee van die aarde
Deur Surachit - Translated from Image:Earth-crust-cutaway-english.svg, CC BY-SA 3.0,https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=86379773