GEOGRAFIE

Die Mantel

Lees hier of laai die PDF dokument af om uit te druk.

Laai PDF af

Die Mantel

Die mantel is die deel direk onder die kors. Die word verdeel in die bomantel en die ondermantel. Dit is die dikste laag en omtrent 2900 km diep. Die mantel bestaan uit baie wam semi-gesmelte en gesmelte klip (gesteentes).

Daar is groot temperatuur verskille tussen die bomantel en die ondermantel. Hierdie temperatuur verskille dra moontlik by tot die beweging van die tektoniese plate..

Daar is drie teorieë vir die beweging van die tektoniese plate :

Konveksie
konveksie

Hitte diep in aarde veroorsaak konveksiestrome wat die plate bo rond beweeg.

  • Baie warm materiaal diep binne mantel styg op
  • Koel af as bo kom en sak weer af onder toe
  • Veroorsaak konveksiestrome
  • Proses herhaal
Swaartekrag
swaartekrag
  • By midoseaanriwwe plate 2-3km hoër as by rande
  • Plate gly dus a.g.v. swaartekraf afdraend
Massa van Gesteentes
massa van gesteente
  • Warm gesteentes by midoseaanriwwe styg
  • Koel af soos van rif weg beweeg
  • Word swaarder en sink
  • Trek res van plaat saam af