Groot holtes wat in grond of ys voorkom.
 
                                Die kors van ’n lawastroom word hard. Gesmelte lawa loop onderdeur uit → vorm ‘n lawagrot.
 
                                Branders breek teen kranse → kalwe die rotse uit en vorm seegrotte
 
                                Strome smeltwater van gletsers kan ysgrotte kerf
 
                                Grotte vorm in kalksteen omdat kalk in water oplos
 
 
                        Wanneer reën val verbind water met koolstofdioksied in die lug en vorm ‘n suur, koolsuur. Hierdie aangesuurde water sypel deur krake en barse in die kalksteen tot by die watertafel.
 
 
                        Van die watertafel af vloei water in ‘n horisontale rigting na ‘n natuurlike uitlaat, soos byvoorbeeld ‘n rivier. Onderweg los die kalksteen in die water op.
 
 
                        Met verloop van duisende jare kerf die water ‘n horisontale kanaal (grot) uit die kalksteen.
Waar die water van die oppervlak deur die grond sypel vorm daar:
 
 
                            Stalaktiete
 
 
                            Stalagmiete