Klippe /Gesteentes
Die buitenste laag van die aarde word die kors genoem. Gesteentes vorm die boustene van ons aardkors. Meeste van kors is saamgestel uit vyf elemente. Baie selde sal hierdie elemente alleen voorkom, alhoewel dit wel soms gebeur soos in die geval van goud.
Gesteentes is meestal ‘n samestelling van verskillende minerale.
Gesteentes word in drie groepe gedeel :
- stollingsgesteentes
- afsettingsgesteentes
- Metamorfe gesteentes
Stollingsgesteentes
- Ontstaan binne die aarde as magma.
- Magma styg na die oppervlak
- Vloei uit by ‘n vulkaan en stol - ekstrusief
- Of stol binne die aardkors - intrusief
- Basalt is ‘n stollingsgesteente
Afsettingsgesteentes
- Rotse verweer tot fragmente deur:
- Sediment word afgeset in riviere, mere, sandduine en op die bodem van die oseane
- Oor duisende jare heen word hierdie sedement saamgepers - vorm lae afsettingsgesteentes
- Sandsteen is ‘n voorbeeld van afsettingsgesteentes
Metamorfe gesteentes
- Kan stollings- of afsettingsgesteentes insluit.
- Word deur hitte en / of druk verander
- Stygende lawa (rotse deur hitte van lawa verander)
- Tydends vorming van ‘n berg word gesteentes saamgepers