GEOGRAFIE

Minerale

Lees hier of laai die PDF dokument af om uit te druk.

Laai PDF af

Minerale

Gesteentes (klip en rots) en minerale word natuurlik in die natuur gevorm, maar verskil van mekaar. ‘n Klip is bestaan uit ‘n samestelling van verskeie minerale. Met ander woorde die boustene van gesteentes is minerale.

Wat is Minerale?

Minerale is nie-lewende (anorganiese) stowwe wat natuurlik in die aardkors voorkom. Dit is gewoontlik vastestowwe. Minerale bevat gewoonlik onsuiwerhede. Hulle is gewoonlik kristallyne elemente of verbindings van elemente. Kristallyne beteken die manier waarop die klein deeltjies (atome) van die elemente met mekaar verbind. Klip/rots is ‘n samestelling van verskillende minerale.

Mineralogie is die studie van minerale.

Kristalle

Die chemieses samestelling en struktuur van die die kristalle is twee van die hoof maniere waarop minerale geklasifiseer word.

Die chemiese samestelling beteken manier waarop die verskillende elemente met mekaar verbind is om die mineraal te maak.

Die kristalstruktuur is die manier waarop die kleinste deeltjies van elke mineraal, die atome, aanmekaar verbind is. Wanneer die ys deeltjies in ryp op ‘n spesifieke manier hulself rangskik vorm dit gladde, plat oppervlaktes. Hierdie gladde plat oppervlaktes vorm omdat die atome in ys op ‘n spesifieke manier hulself rangskik en is ‘n spesifieke eienskap van minerale.

Dit is die struktuur van ‘n kristal, ‘n vastestof waarvan die atome gerangskik is om ‘n geordende, herhalende 3D patroon te skep.

 Elke mineraal het sy eie soort kristalstuktuur. In die natuur is ‘n perfekte kristal ‘n raarheid. Meeste kristalle het onsuiwerhede in hulle en hul vorm en groei word beperk deur die groei van ander kristalle.

Die chemiese samestelling en kristalstruktuur werk saam om ‘n mineraal se eienskappe te bepaal. 

Kristal

Eienskappe van minerale

‘n Mineraal is vastestowwe dit wil sê, dit het ‘n definitiewe volume en ‘n vorm. ‘n Vloeistof of ‘n gas is dus nie ‘n mineraal nie. Hoewel sommige in hul vastestof-vorms wel ‘n mineraal is. ‘n Voorbeeld is water. Water is nie ‘n mineraal nie, maar ys is.

Die eienskappe van ‘n mineraal kan gebruik word om minerale te identifiseer of te benoem.

‘n Mineraal se eienskappe bepaal hoe dit lyk en hoe dit reageer. Elke mineraal se eienskappe verskil.

Van die eienskappe van kristalle wat bepaal kan word en wat help om ‘n mineraal te identifiseer:

  • Kristalstruktuur
  • Dubbelbreking
  • Habitus
  • Kleur
  • Streep
  • Glans
  • Deursigtigheid
  • Fluoressensie
  • Hardheid
  • Vastheid
  • Splyting
  • Breuk
  • Tweelingvorming
  • Relatiewe digtheid

So het party minerale ‘n spesifieke kleur en ander weer ‘n besonderse glans. Die hardheid van ‘n mineraal word bepaal deur gebruik te maak van die Mohs hardheidskaal.

Voorbeelde van minerale in kristalvorm

Klasiet
Kalsiet
Diamant
Diamant
Goud
Goud
Sout
Soutkristal
Silwer
Silwer
Koper
Koper

Elemente

‘n Element is ‘n stof wat nie verder verdeel kan word nie. Daar is 118 bekende. Alles op aarde bestaan uit hierdie elemente. Meeste minerale is samestellings van twee of meer elemente. Daar is egter sommige minerale wat slegs uit een element bestaan. Dit beteken hierdie minerale is ook elemente. Voorbeelde van sulke elemente sluit in : Bismut (Bi), Swael (S) en die kosbare metale.

Kosbare Metale

Sommige minerale word kosbare metale genoem. Hierdie metale bestaan net uit een element. Hulle word kosbaar genoem omdat hulle baie raar en baie duur is. Voorbeelde sluit goud en silwer in.

Kosbare metale het ‘n paar eienskappe in gemeen. Hulle meng gewoonlik nie met ander elemente om samestellings te vorm nie. Baie het ‘n helde glans en het baie hitte nodig om te smelt.

Chemiese Eienskappe

Elke mineraal het ‘n unieke chemiese samestelling. Die bestaan uit ‘n spesifieke samestelling van atome van sekere elemente. ‘n Element is ‘n stof wat net oor een soort atome beskik.

Wetenskaplikkes kan minerale in sekere groepe klassifiseer volgens hul chemiese samestelling.

Al bestaan daar duisende verskillende minerale, kom net sowat 30 algemeen in die aarde se kors voor. Hierdie 30 minerale word die rots-vormings minerale genoem Hieronder is die vernaamste van die groepe.

Minerale en die Vorming van Klip

Gesteentes is saamgestel uit minerale. Sommige minerale kom diep onder die grond voor en mense myn dit. Sommige van hierdie minerale word gemyn vir hulle bruikbaardheid en ander vir hulle prag.

Minerale is in die klippe waarmee huise gebou word en in juwele. Dit is in die gaskoeldrank blikkie met jou koeldrank in. Minerale is oral waar jy kyk.

Verdere leeswerk

‘n Oulike berig wat jy dalk ook kan lees: http://www.mieliestronk.com/gesteentes.html

Ongelukkig het Media24 Mieliestronk.com oorgeneem en die uitstekende bron tot niet laat gaan. Gelukkig bestaan die inhoud steeds op "Wayback Machine" en het ons die skakel hierbo aangepas.