GEOGRAFIE

Vulkane

Lees hier of laai die PDF dokument af om uit te druk.

Laai PDF af

Vulkane

Vulkane ontstaan waar magma deur die oppervlak van die aarde deur borrel.

3 Soorte Vulkane

Aktiewe Vulkaan

Het in onliangse historiese tye uitgebars / of bars tans uit.

Rustende Vulkaan

Is lank stil, maar kan weer uitbars.

Uitgewerkte Vulkaan

Uitbarstings het opgehou en sal vulkaan na verwating nie weer uitbars nie.

Vulkane skets
tektaniese plate ontmoet

Twee tektoniese plate ontmoet. By ‘n onderdrukkingsone word die swaarder oseaan plaat onder die kontinentale plaat gedruk. Die gesteentes smelt en vorm ‘n magmakamer waar daar dan baie drukking opbou.

magma borrel

Onder hierdie druk borrel magma op na die oppervlak en bou drukking onder die oppervlak verder op.

(Vulkaankettings ontstaan dikwels by onderdrukkingsones)

Die Ring van Vuur in die Stille oseaan is ‘n voorbeeld van so ‘n vulkaanketting

magma bars deur

Drukking van magma bars deur en vorm so ‘n keelvormige heuwel. Nog lawa en as bou in lae teen die rante op en vorm ‘n hoë berg.